Central SA
Bylsma skuldig bevind aan Stella-moorde─── ELSABÉ RICHARD 17:16 Mon, 17 Feb 2020
Die 20-jarige Xander Bylsma, wat daarvan beskuldig word dat hy twee meisies by 'n koshuis in Noordwes vermoor het, is vandag skuldig bevind.
Bylsma is in die Mmabatho-hooggeregshof skuldig bevind op twee aanklagte van moord. Dit nadat die twee meisies, die 17-jarige Marna Engelbrecht en die 16-jarige Sharnelle Hough, op Saterdag 26 Mei 2018 vermoor is.
Volgens die polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, is Engelbrecht en Hough se liggame in die Hoërskool Stella se koshuis gevind.
Die datum van vonnisoplegging is nog nie bekend nie en sal deur die hof bepaal word.