On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Business

Reserwebank hou repokoers onveranderd op 8,25%

───   15:36 Wed, 27 Mar 2024

Reserwebank hou repokoers onveranderd op 8,25% | News Article
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank. Foto: Moneyweb

“Dit is vyfde opeenvolgende maand dat die Reserwebank die repokoers onveranderd hou.”

Soos algemeen verwag het die Reserwebank die repokoers onveranderd op 8,25% gehou, wat beteken die prima uitleenkoers van plaaslike handelsbanke bly ook onveranderd op 11,75%.

Suren Naidoo van Moneyweb berig Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het die besluit aangekondig ná die monetêrebeleidskomitee se vergadering Woensdag (27/3).

“Dit is vyfde opeenvolgende maand dat die Reserwbank die repokoers onveranderd hou.” 

Die inflasiekoers het verlede maand tot die hoogste in vier maande gestyg, wat die mark ietwat verras het en verwagtinge vir ’n koersverlaging tot in die tweede helfte van 2024 uitgestel het.

Hoewel die meeste ekonome ’n onveranderde repokoers verwag het selfs voordat die Februarie-inflasiekoers verlede week bekend gemaak is, was daar tog diegene wat ’n koersverlaging voorspel het.

Die jongste verbruikersprysindeks het egter die verwagtinge vir ’n verlaging in die eerste helfte van die jaar belemmer; die vroegste verlaging word nou in Julie verwag.

Sommige ekonome het die begin van ’n siklus van rentekoersverlagings tot selfs September of November uitgestel.

Die repokoers word deur die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee vasgestel en is die koers waarteen hy geld aan die land se handelsbanke leen. Die Reserwebank pas hierdie koers aan om inflasie binne sy 3%-tot-6%-teikenband te hou.

OFM Nuus/Moneyweb cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.