Mid-Morning Magic
#GetItBloemfontein: LekkerLika bak met hart en siel─── 09:41 Mon, 05 Jul 2021

Die Julie-uitgawe van Get It Bloemfontein is vandag op die rakke. Angelique da Silva (ook bekend as 'LekkerLika') is op die voorblad en Yolanda Maartens gesels met haar oor haar passie vir bak.
In die Julie-uitgawe van Get It Bloemfontein leer ken ons vir Angelique da Silva en sy vertel meer oor hulle passie vir bak en hoe 'LekkerLika' ontstaan het.
LEES OOK: Kotzé ma en dogter se passie vir kuns
Op haar Instagram en Facebook-profiele deel 'Lekkerlika' graag haar indrukwekkende skeppings. Sy noem dat sy heel toevallig 'n bakster van formaat geword het toe sy vir haar 21ste verjaarsdag 'n koek bestel het wat 'n absolute ramp was.
"Ek het vir myself gesê dat mense mooi koeke nodig het. Koeke wat goed lyk en lekker smaak!"
Angelique het met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels en deel meer oor haar koekbakbesigheid. Luister na die gesprek hieronder:
#GetItBloemfontein: LekkerLika bak met hart en siel: