The Vine
Braai Bykosse─── 02:41 Fri, 24 May 2013

BYGEREG VIR BRAAI VLEIS Soria van Dyk
Hierdie is heerlik vir bygereg saam braaivleis, of sommer net op sy eie...
1 Brood ( gesny)
Botter
Marmite
2 k Gerasperde Kaas
2 pakkie Spek (lekker bruin gebraai)
4 Eiers
1 1/2 Koppie melk
Sout en Peper
Skyfies tamatie
METODE:
Smeer die snye brood met botter en marmite en sny die broodsnye in halwes.
Klits eiers in die melk en gooi bietjie sout en peper by.
Smeer 'n vuurvaste bak.
Pak 'n stewige laag met die gesmeerde broodjies onder in die bak, rangskik spekvleis en tamatiesnye bo oor, strooi nou die kaas bo-oor.
Gooi die eier-mengsel bo-oor en bak in oond by 180 *C vir 30 minute tot goudbruin... of in skottelbraai.
PAPTERT MET GROENTE Alma van Dyk Pretorius
Stywe pap
Kaas, gerasper
Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom
Kruie, sout, peper
In 'n oondbak, pak 'n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt is
Mielie tert (Onbekend)
Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
40 ml Suiker
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits
Metode
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.
Foelie verrassing
Foelie
Bestanddele per persoon:
1 piesang of peerhelfte uit ‘n blik
4 malvalekkers
4 blokkies donker sjokolade gerasper
Metode:
Indien piesangs gebruik word, skil en sny in lengte middeldeur. Plaas vrug op foelie. Bedek met malvalekkers en gerasperde sjokolade. Vou vrug goed toe met foelie. Plaas oor halfwarm kole vir 5-10 minute. Bedien dadelik.
Stuur jou Braai Bykos vir isabelv@ofm.co.za
Loer hier vir 'n paar idees: http://www.forumforpages.com/facebook/kos-idees-vir-moe%C3%AB-mammas/braaivleis-bygeregte/552729773/0