On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Rooivleisbedryfsnuus - Interessante tye vir dié bedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 02:13 Thu, 13 Feb 2020

Rooivleisbedryfsnuus - Interessante tye vir dié bedryf    | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, kan steeds nie soos oudergewoonte die weeklikse veilingspryse bespreek wat vir lewende hawe op veilings behaal word nie.

 

Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan nie dié verslag verskaf nie, want daar was geen veilings vandeesweek nie weens ‘n tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as twee bronne na ander bronne. Dit is ingestel nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Ondanks dit het Derksen wel ‘n boodskap vir produsente…


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy sê dit is 'n interessante tyd waarin die rooivleisbedryf homself nou bevind. Goeie reën het die Vrystaat in 'n blomtuin verander, terwyl dit ook goed gereën het in Suid-Afrika se buurlande, Namibië en Botswana. Veegetalle gaan afneem weens dit, wat daartoe bydra dat speenkalfpryse 'n opwaartse neiging kan toon.  Daarmee saam word 'n goeie mielie-oes verwag wat speenkalfpryse 'n verdere hupstoot kan gee.  

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.