On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Dissiplinêre stappe kom teen veilinghuis

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:49 Wed, 12 Feb 2020

Dissiplinêre stappe kom teen veilinghuis | News Article

Die Landbouproduk-agenteraad, oftewel APAC, is bewus van die onwettige veiling wat op 'n plaas by Bultfontein in die Vrystaat gehou is.


Beeste en skape, vermoedelik vanaf meer as twee bronne, is op die veiling aangebied en verkoop. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié raad  het reeds met die departement van landbou grondhervorming en landelike ontwikkeling in die Vrystaat vergader. Dié voorval word nou ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe sal in dié verband teen die betrokke veilinghuis geneem word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê 'n tydelike verbod is deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, ingestel oor die land heen om die verspreiding van bek-en-klouseer te verhoed. Die verbod is op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as twee verkopers en veilingshuise, wat lewende hawe verkoop, kan nie teen die verbod oortree nie. Volgens Knowles het dié veilinghuis, wat betrokke was by die bees- en skaapveiling in Bultfontein, onwettig opgetree en ook nie binne dié raad se vereiste maatreëls opgetree nie. 

Weens die sensitiewe aard van die ondersoek weerhou OFM-nuus vir eers die betrokke veilinghuis se identiteit.

Dit was Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, oftewel APAC slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.