On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Nasionale veilingsverbod ruk bedryf tot stilstand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:24 Thu, 16 Jan 2020

Nasionale veilingsverbod ruk bedryf tot stilstand | News Article

Die impak van die tydelike nasionale moratorium op die samekoms van spleethoewige vee vanaf meer as twee bronne wat versprei word na ander bronne, het ‘n reuse-impak op die rooivleisbedryf in geheel.


Dit sluit veilinghuise, boere, asook die informele sektor in. Willem Barnard, van die Brahman Wilbar-stoetery in Limpopo, meen veilinghuise verloor hul inkomste weens die tydelike verbod, terwyl boere nie ‘n platform het om hul diere op te verkoop nie. Die nasionale moratorium is ingestel deur landbouminister, Thoko Didiza, ná die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in die Molemole-gebied in Limpopo. Barnard sê die Wilbar-stoetery is deel van die Au Albidus-groep, wat eerskomende Saterdag altesaam 160 stoet en suiwer kommersiële Brahmane op ‘n katalogusveiling aanbied, omdat die diere nie by die veilingskraal byeen kan wees nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Barnard gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dié diere wat aangebied word is nie op die veiling te siene nie, maar slegs foto’s en video-grepe van die Brahman-beeste sal op ‘n grootskerm vertoon word. Hy sê weens die verbod moes dié groep vinnig 'n alternatiewe plan in plek gestel het, want hulle tweede produksieveiling sou in November, verlede jaar, plaasgevind het. Barnard sê baie moeite is ingesit met die bemarking van dié veiling waarop hulle ook ‘n tipe identifikasie-stelsel(naspeurbaarheid) gaan gebruik wat in die toekoms handig gaan wees.

Barnard sê met dié verbod trek veilinghuise swaar sonder enige vorm van inkomste, terwyl boere nie hul diere op grootskaal kan verkoop op veilings nie. Private transaksies vind plaas, maar dit is nie lonend nie.

Die hele bedryf is tot stilstand geruk, sê hy.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.