On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrystaat-boer dankbaar sy mielies is in die grond

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Mon, 13 Jan 2020

Vrystaat-boer dankbaar sy mielies is in die grond  | News Article

‘n Droëlandsaaiboer van die Vrystaat het wel later as gewoonlik met sy mielie-aanplantings begin, maar die proses is voltooi en hy hoop op ‘n goeie opbrengs.


Jan Kleynhans sê hy het laat verlede jaar begin plant nadat dit goed gereën het. Opvolgreën was sedertdien waardevol vir die groei van sy jong mielieplantjies. Hy is dankbaar vir elke druppel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat….  


Sien onderstaande PODCAST


Kleynhans het ná Kersfees verlede jaar met sy aanplantings begin en is tevrede dat hy al sy saad in die grond kon kry en die afgelope tien dae se reën is ‘n groot seëning. Hy het wel dié seisoen later geplant as vorige seisoene, en moes aanpassings doen ten opsigte van die proses, maar hy is hoopvol dat dit vrugte gaan afwerp. In vorige seisoene was sy aanplanting reeds teen Kersfees afgehandel, met uitsondering van die vorige seisoen, waar hy eerst in Januarie kon begin plant, omdat die reën weggebly het.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.