On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Sê jou sê oor grondonteiening sonder vergoeding, vra DA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:18 Wed, 08 Jan 2020

Sê jou sê oor grondonteiening sonder vergoeding, vra DA | News Article

Die belang van openbare insette oor die wetsontwerp rakende die Grondwetwysiging, wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, is nou uiters noodsaaklik.


Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaat, wat die publiek aanmoedig om voor die einde van vandeesmaand kommentaar te lewer oor die wetsontwerp wat verlede jaar deur die parlementêre ad hoc-komitee, wat met die wysiging gemoeid is, in die Staatskoerant gepubliseer is. Jankielsohn sê individue kan self of deur verskeie organisasies hul stem toevoeg, want nie slegs landbougrond nie, maar eiendom oor die algemeen is nou in die gedrang. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê inligting oor die wetsontwerp en hoe kommentaar gelewer kan word, is op verskeie webtuistes van betrokke organisasies, politieke partye, soos die DA, asook die parlementêre webtuiste beskikbaar. Volgens hom het die DA en verskeie ander politieke partye hulle ook sterk uitgespreek oor die regering se besluit om dié wetsontwerp laat verlede jaar te publiseer, en vir openbare kommentaar veral oor die Feestyd oopgestel het.

Die EFF het verlede week die ANC gekap oor dié proses en word daarvan beskuldig dat hulle dié wysiging onder die mat wil invee. Die EFF het 'n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om die wetsontwerp wyd en syd te deel, om te verseker dat bewustheid verkry word sodat die Grondwet gewysig word om 'n klousule in te sluit dat grond sonder vergoeding onteien moet word.

Kommentaar oor dié wysiging moet voor 31 Januarie geskied. Kliek op die onderstaande  skakel  vir dié wetsontwerp.

https://www.parliament.gov.za/storage/app/media/CommitteeNotices/2019/december/06-12-2019/Draft_advertised.pdf

Dit was Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaat, slegs op Before Dawn. Voorleggings en navrae kan aan V. Ramaano, 3de Vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000, gerig word. Stuur ook ‘n e-pos na section25@parlament.gov.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.