On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

VF Plus oorgehaal om grondonteiening te beveg

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:11 Wed, 08 Jan 2020

VF Plus oorgehaal om grondonteiening te beveg | News Article

Daar is hoop vir 2020 as Suid-Afrikaners saamstaan en hul standpunt lig oor die voorgestelde wysiging van Artikel 25 van die Grondwet wat voorsiening maak vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding.


Wouter Wessels, VF Plus-LP, sê indien betrokkenes terugbaklei en opstaan teen dié wysiging is daar lig aan die einde van die tonnel. Hy meen indien die regerende party met onteiening slaag gaan dit beslis ‘n uitdagende jaar vir die land en veral die landboubedryf wees.

Dit kan nie toegelaat word sonder dat die nodige geveg opgesit word nie, en dié party is oorgehaal en reg vir die stryd. Wessels sê deelname in die vorm van openbare kommentaar aan die Parlement, asook die ondertekening van ‘n griefskrif wat deur verskeie organisasie soos AfriForum beskikbaar gestel is, is uiters noodaaklik. Gemeenskappe moet hul stem nou dik maak teen die drakoniesie wysiging van die Grondwet, wat baie negatiewe gevolge inhou vir private grondbesit in Suid-Afrika.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Wouter Wessels, VF Plus-LP, slegs op Before Dawn.  Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.