On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

RPO ondersteun voorkomingsmaatreëls vir die verspreiding van bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:40 Mon, 09 Dec 2019

RPO ondersteun voorkomingsmaatreëls vir die verspreiding van bek-en-klouseer | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, ondersteun die drastiese voorkomingsmaatreëls op nasionale vlak wat in die Staatskoerant gepubliseer is.


Dit behels die nasionale tydelike verbod wat op die samekoms van spleethoewige diere van meer as een bron geplaas is. Veilings, die skou van diere en diere wat byeengebring word vir spekulatiewe doeleindes word verbied. Voorsitter van dié organisasie, Koos van der Ryst, sê dit is nie strafmaatreëls nie, maar dien as ‘n voorkomingsmaatreël om die verspreiding van bek-en-klouseer in Limpopo na ander dele in die land te voorkom. Daarmee saam sê Neville Raath, ondervoorsitter van die RPO in die Vrystaat, die beskikbaarstelling van ‘n addisionele vervoerpermit of meer spesifiek ‘n verkopersverklaring is daar om kopers en verkopers te beskerm. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Raath gepraat…

Volgens Raath moet dié bykomende kopersverklaring voltooi word, omdat kopers daarop verklaar dat hul plase siektevry is. Hy sê in dié verklaring moet die ligging van plase onder meer aangedui word en verkopers van spleethoewige diere moet dit bykomend voltooi tot die bestaande veeverwyderingsertifikate en vervoerpermitte (Artikel 6 en Artikel 8) wat beskikbaar gestel is luidens identifikasie en veediefstal wetgewing.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Neville Raath, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Vrystaat,


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.