On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtehulp SA: Konvooi vertrek vanaf Bfn na Oos-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:42 Wed, 04 Dec 2019

Droogtehulp SA: Konvooi vertrek vanaf Bfn na Oos-Kaap | News Article

Vragmotors, bakkies met sleepwaens, en motors met droogteskenkings soos veevoer, kospakkies, waterbottels en ander noodsaaklike items vir sowat 50 boere, is onderweg na Cradock in die droogtegeteisterde Oos-Kaap.


Dié voertuie wat van onder meer Rustenburg in Noordwes en Frankfort in die Vrystaat is, sal vandag by die Shell Ultra City by Spitskop buite Bloemfontein aankom en dan in 'n konvooi na Cradock reis.  Jan Lotz van Droogtehulp SA, sê meer as 50 voertuie is betrokke. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê mense is welkom om dié geleentheid buite die stad by te woon. Geldelike skenkings kan gemaak word en daarmee saam gaan dit 'n ware belewenis wees om die konvooi te aanskou. Verskeie besighede en sakeondernemings het skenkings gemaak om die bestuurders van die voertuie te bederf met kos en iets om te drink. Die eerste voertuie sal na verwagting vandag enige tyd vanaf 10:00 in Bloemfontein aankom. Lotz sê dit is slegs een van talle inisiatiewe om geld in te samel om veral duur brandstof onkoste te dek sodat skenkings na boere in droogtegeteisterde dele, ook in die Noord-Kaap, te vervoer. Dié organisasie, in samewerking met die Braaivleisvereniging, se Braaibroodjieprojek vir Boere was Vrydagaand by die Boeremark in Langenhovenpark, Bloemfontein, 'n reuse-sukses.  

Dit was Jan Lotz van Droogtehulp SA. Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Droogtehulp SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.