On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Altesaam 160 000 al deel van SA transformasieprojekte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:01 Thu, 17 Oct 2019

Altesaam 160 000 al deel van SA transformasieprojekte | News Article

Georganiseerde landbou was die afgelope jaar op ‘n groot skaal betrokke by transformasieprojekte in Suid-Afrika.


Miljoene rande is aangewend deur Agri SA en sy geaffilieerdes om swart opkomende boere te ontwikkel. Christo van der Rheede, Adjunk Uitvoerende Direkteur van Agri SA, sê 160 000 mense neem aan dié projekte deel. Daarmee saam sê hy dit is opwindend dat kommersiële boere hul tyd, energie en geld aanwend vir die doel, omdat dit belangrik is om ‘n groot deel van Suid-Afrika se swart bevolking, wat voorheen uit die kommersiële bedryf uitgesluit is, te bemagtig.

Volgens hom raak dit noodsaaklik vir die toekoms van die landboubedryf in Suid-Afrika om swart boere te bemagtig sodat hulle kommersieel kan boer, omdat daar ‘n groeiende bevolking in die land is en na ramings sal 65 miljoen mense teen 2030 plaaslik gevoed moet word. Van der Rheede sê dit is ook bemoedigend dat swart boere, wat hul eie grond bekom en plase op die opemark aankoop, suksesvol is omdat hulle hul eie beleggings maak en besef dat hulle self vir die groei daarvan verantwoordelik is.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Rheede gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.