On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Reën bly vir eers weg in binneland, maar daar is goeie vooruitsigte vir later

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:25 Wed, 11 Sep 2019

Reën bly vir eers weg in binneland, maar daar is goeie vooruitsigte vir later | News Article

Hoewel geen reën in die komende twee weke in die sentrale binneland voorspel word nie, toon die seisoenale voorspelling ‘n bo-gemiddelde reënval kan in November, Desember en Januarie volgende jaar in dele van die sentrale binneland verwag word.


Quinton Jacobs, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê die eerste goeie lentereën kan eers aan die einde van vandeesmaand of vroeg in Oktober verwag word. 

Hy sê daarmee saam kan maksimum dagtemperature stelselmatig toeneem na 30 grade Celsius in 'n groot deel van die sentrale binneland later vandeesweek. Koeler toestande in sekere gebiede kan nog soggens verwag word, maar temperature is in die proses om na somertoestande te herstel. Jacobs waarsku ook oor sterk windtoestande wat in die droë toestande kan lei tot wegholveldbrande.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jacobs gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Quinton Jacobs, ‘n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor slegs op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.  Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.