On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#NasieInGesprek: Hele waardeketting geraak deur misdaad

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Tue, 10 Sep 2019

#NasieInGesprek: Hele waardeketting geraak deur misdaad | News Article

Die impak wat die onveilige situasie in landelike gebiede in Suid-Afrika het, is krities en raak die hele gemeenskap wat produsente tot plaaswerkers insluit.


Dit is volgens Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, wat verlede week op die gewilde Nasie in Gesprek-paneelbespreking op Graan SA (GSA) se Nampo-Kaap deelgeneem het. Theo Vorster van Galileo Capital het dié sessie gelei en in dié insetsel praat hy met De Villiers, Uys van der Westhuizen, 'n landelike veiligheidskenner en Reinhard Geldenhuys van rampbestuur in die Overberg.  

Volgens de Villiers raak veiligheid in landelike gebiede die hele waardeketting van die plaashek tot die mark. Van der Westhuizen sê landelike misdaad kos Suid-Afrika se ekonomie jaarliks sowat R7,7 miljard. Geldenhuys is van mening dat dit noodsaaklik is dat die verskillende strukture saamwerk en dat hulpbronne en inligting gedeel moet word om misdaad doeltreffend te bekamp. In dié opsig is die Overberg-sekuriteitsforum  gefokus om die fragmentering van hulpbronne te voorkom.

Hierdie insetsel is deur Nasie in Gesprek aan OFM-nuus beskikbaar gestel...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was 'n Nasie in Gesprek-insetsel oor landelike veiligheid, die risiko daarvan en prosesse wat in plek is.  Dié paneelbespreking het verlede week op Graan SA (GSA) se Nampo-Kaap plaasgevind.  

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.