On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Regering werk saam om pluimveebedryf te ontwikkel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Tue, 27 Aug 2019

Regering werk saam om pluimveebedryf te ontwikkel   | News Article

Goeie vordering word nou gemaak tussen betrokkenes en die regering om die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf verder te ontwikkel.


Daar word nou hande gevat om 'n gesamentlike program in plek te stel, wat op markontwikkeling, die uitvoer van produkte en groter mededingendheid gemik is. Dié program fokus ook op die departement se rol om seker te maak Suid-Afrika voldoen aan buitelandse vereistes indien plaaslike hoenderprodukte na Afrika en die Europese Unie (EU) uitgevoer word. Die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, Izaak Breytenbach, sê 'n onlangse vergadering tussen belanghebbendes en die regering het goed afgeloop.  

Die Minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, en verteenwoordigers en invoerders in die pluimveebedryf was op die vergadering. Breytenbach sê vir die eerste keer is alle betrokkenes nou op dieselfde bladsy in terme van doelwitte en om werkskepping in Suid-Afrika te stimuleer.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.