On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Groot vraag bestaan na boerbokke in SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:49 Thu, 04 Jul 2019

Groot vraag bestaan na boerbokke in SA | News Article
Lukas Burger se reserwe-grootkampioen boerbokram wat op die boerbok-wêreldskou in Bloemfontein aangewys is. FOTO: OFM-nuus

Lukas Burger, ‘n vooraanstaande boerbokteler van Griekwastad in die Noord-Kaap, sê hoewel dié bedryf plaaslik floreer, is daar tog uitdagings wat telers in die gesig staar.


Die uitbreking van bek-en-klouseer vroeër vanjaar in Limpopo raak ook dié bedryf omdat bokke nou nie na buurlande uitgevoer kan word nie. Veediefstal en roofdiere op plase is ‘n werklikheid en boere bestee baie geld om dit te beheer.

Burger, wat talle kampioenbokke op die onlangse boerbok-wêreldskou in Bloemfontein opgelewer het, glo egter in dié bedryf. Hy meen dit is winsgewend en daar is ‘n groot vraag na slagboerbokke in Suid-Afrika en telers kan nie voorbly met die aanvraag nie.  Die prys van slagbokke is ook goed, sê hy.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…  



Dit was Lukas Burger, ‘n boerbokteler van Griekwastad in die Noord-Kaap.  

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.