On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:45 Thu, 04 Jul 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf nou die pryse wat behaal is vir lewende hawe vandeesweek.


Hy versprei weekliks dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal en wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Derksen verskaf die pryse vir 2 Julie en meen met die winter wat op hande is, word maer koeie nou goedkoper omdat daar 'n groter aanbod is, terwyl die beskikbaarheid van vet koeie minder is. Hy sê weens mieliepryse wat gestabiliseer het, is daar 'n verbetering in die prys van speenkalwers en stoorlammers.

Hier is Derksen…



Dit was Chris Derksen wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.