On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Familieboerderye moet tegnologies vooruit gaan, meen jong boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:33 Wed, 12 Jun 2019

Familieboerderye moet tegnologies vooruit gaan, meen jong boere | News Article
Martiens Homsek van Bloemfontein FOTO: Christal-Lize Muller

Famielieboerderye in Suid-Afrika moet van ou gewoontes en tegnieke afwyk en tegnologies aanpas om by 'n nuwe era van boerderypraktyke in te skakel.


Só meen Martiens Homsek, ‘n jong boer van die Bloemfontein-gebied, wat onlangs deel was van Syngenta in samewerking met Graan SA en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se graanakademie. Altesaam 24 jong leiers het vanjaar dié akademie se leierskapsprogram voltooi. Kleiner groepe moes Vrydag in Bloemfontein in kleiner groepe voorleggings oor belangrike kwessies in landbou aan ‘n paneel kundiges doen. Homsek sê sy groep se aanbieding was oor familieboerderye met 'n tradisionele uitkyk op gewasproduksie wat onvoldoende gediversifiseerd is om die werklikheid van klimaatsverandering en meer spesifiek droogtes, te hanteer. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Martiens Homsek, ‘n jong boer van die Bloemfontein-gebied, wat die Syngenta-graanakademie se program, in samewerking met Graan SA (GSA) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Besigheidskool, vanjaar voltooi het.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Luister ook daagliks van Maandag tot Vrydag na OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.