Agri Hour
Landboubedryf verwelkom Thoko Didiza terug as minister─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:25 Fri, 31 May 2019

Die aanstelling van Thoko Didiza as die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is deur verskeie betrokkenes in die bedryf verwelkom.
Daarmee saam is daar ook positiewe reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se verkleinde kabinet, wat van 36 tot 28 verminder is. Didiza, wat Senzeni Zokwana vervang, is een van die skoner geslag wat nou die helfte van die kabinet uitmaak.
Sdumo Dlamini en Mcebisi Skwatsha is die nuwe adjunkministers van die landboudepartement, waarby grondhervorming en landelike ontwikkeling gevoeg is.
Bosbou en visserye is by omgewingsake gevoeg, terwyl menslike nedersettings met water en sanitasie gekombineer is. Ramaphosa het tydens sy aankondiging gesê die mense wat hy aangestel het, het 'n groot verantwoordelikheid wat op hul skouers rus.
Die Landboubesigheidskamer, Agbiz, het positief op Ramaphosa se aanstelling van ministers in sleutelposisies, asook op die verkleinde kabinet gereageer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Agbiz se uitvoerende hoof, John Purchase, gepraat...
Dit was John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, Agbiz.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus