Agri Hour
VF Plus: Ace Magashule steeds ‘n invloed in Vrystaatse kabinet─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:19 Fri, 31 May 2019
Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat is teleurgesteld met die aanstelling van William Bulwane as LUR van landbou en landelike ontwikkeling in dié provinsie.
Premier Sisi Ntombela het haar nuwe provinsiale uitvoerende raad Dinsdag in Bloemfontein aangekondig. Devar Smit, Vryheidsfront Plus-LPW, meen die ANC se aanstelling van sekere LURe in dié provinsie toon dié party stel steeds sy eie belange op die voorgrond. Daarmee saam is Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal en die voormalige premier van die Vrystaat, se invloed nog duidelik sigbaar.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Smit gepraat…
Dit was Devar Smit, Vryheidsfront Plus-LPW.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus