Sacta-insetsel: Suid-Afrika het ‘n groeiende sojaboonbedryf
CHRISTAL-LIZE MULLER
07:48 Thu, 14 Mar 2019
Sacta-insetsel: Suid-Afrika het ‘n groeiende sojaboonbedryf | News Article
Die Suid-Afrikaanse sojaboonbedryf het die afgelope jaar goed gegroei.


Die bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA (GSA), Dirk Strydom, sê Suid-Afrika het sy persvermoë uitgebrei met ‘n sojaboon-persstrategie wat plaaslik gevestig is. Dit het gelei tot ‘n groter vraag vir plaaslike produksie, wat weer om die beurt tot ‘n toename in produksie in geheel bygedra het.

Volgens Strydom word minder sojabone nou ingevoer, maar ‘n groot komponent van oliekoek word steeds ingevoer. Daar word hard gewerk om dit ook te verminder, sê hy.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Strydom gepraat...



Dit was Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA (GSA). Dié insetsel is moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Kultivar- en Tegnologie-ontwikkeling, Sacta. 

Vir meer inligting besoek die webwerf SactaLevy.co.za.



Related Articles:

Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more