Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:47 Thu, 21 Feb 2019

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Laubscher sê verbruikers moet meer respek hê vir die kossoorte wat hulle eet. Té veel kos word vermors en beland in die asblik. Hy sê as daar nie aandag geskenk word aan dié kwessie nie gaan groeiende bevolkings teen 2050 nie gevoed kan word nie. Met ‘respek’ vir kos, bedoel Laubscher mense moet weet waarvandaan produkte kom en wat die inhoud daarvan is.
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus