On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Groot skade in die Tweeling-gebied ná brande

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:59 Fri, 21 Sep 2018

Groot skade in die Tweeling-gebied ná brande | News Article

Verwoestende veldbrande het onlangs groot skade in sekere dele van die Vrystaat aangerig.


Dit het ook ‘n lewe geëis. Die 18-jarige Dian Terblanche, wat op 5 September in 'n veldbrand buite Reitz beseer is, is Woensdag in ‘n Gautengse hospitaal dood. Terblanche en sy pa Dieter het die vlamme probeer blus toe hy 85% brandwonde oor sy lyf opgedoen het. Hy is per lugambulans na die Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer.

Die afgelope week was die brandgevaar-indeks in die grootste deel van die Vrystaat hoog. Sterk wind in warm en droë toestande het veldbrande vinnig versprei. In die Tweeling-gebied het duisende hektare weiveld in die slag gebly het. Sover bekend is geen brandbestryders in dié veldbrand beseer nie. Bertus Nel, ‘n boer van Tweeling, is wel beseer toe die bakkie waarin hy en sy vrou gery het, omgeslaan het. Hy wou sy beeste van die veldbrand red. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Dan Kriek, Agri SA se president, wat ook in dié gebied boer, gepraat.


Dit was Dan Kriek, president van Agri SA, wat ook in die Tweeling-gebied in die Vrystaat boer.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.