On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Arts

Vrystaat Kunstefees – Bekroonde produksie “Die Stoele” vanjaar ’n moet-sien

───   09:00 Tue, 25 Jun 2024

Vrystaat Kunstefees – Bekroonde produksie “Die Stoele” vanjaar ’n moet-sien | News Article

Die Stoele, Eugène Ionesco se klassieke tragi-klug, onder regie van Marthinus Basson, is met drie Kannas bekroon tydens die KKNK. Hy sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop.

“Die Stoele”, Eugène Ionesco se klassieke tragi-klug, onder regie van Marthinus Basson, is met drie Kannas bekroon tydens die KKNK. Hy sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop.

Twee oumense is opgewonde en in afwagting op hul groot aand wanneer die ouman sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar lank poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle sfere van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland. Om almal te akkommodeer, verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ouman kan nie self sy boodskap oordra nie. So, hy het iemand gekry om namens hom te praat.

Dié debuutwerk is aangewys as beste toneelaanbieding by vanjaar se KKNK, met Chris van Niekerk en Antoinette Kellermann, wat onderskeidelik as beste manlike en vroulike speler in ’n hoofrol vir hulle vertolking in die stuk bekroon is.

KKNK 2024 Kannas Antoinette Kellermann. Foto: ©Natalie Gabriels Photography


KKNK 2024 Kannas Chris van Niekerk. Foto: ©Natalie Gabriels Photography



Die Stoele

Genre: Tragikomedie

Rolverdeling: Antoinette Kellermann, Chris van Niekerk, Lindokuhle Melaphi

Regisseur: Marthinus Basson

Oorspronklike teks: Eugène Ionesco

Vertaalde teks: Nerina Ferreira

Ontwerp: Marthinus Basson

Musiek: Franco Prinsloo

Verhoogbestuurder en beligtingsontwerp: Nicolaas de Jongh

Assistentverhoogbestuurder: Jean du Plessis

Ontwikkelingsfondsborg: KKNK-produksie, ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees en Momentum Beleggings Aardklop, moontlik gemaak deur NATi

Kaartjieprys: R180 vooraf, R200 by die deur

Kaartjies: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1546057706

Datums en Tye: 2 Julie 19:00, 3 Julie 09:00, 4 Julie 14:00, 5 Julie 19:30

Lokaal: ATKV Wynand Mouton-teater


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.