On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Secret Artists' Club vier Moedersdag met musiek, geure en goeie geselskap

───   09:00 Thu, 18 Apr 2024

Secret Artists' Club vier Moedersdag met musiek, geure en goeie geselskap | News Article

Die Secret Artist’s Club bied in Mei hul volgende geleentheid in Bloemfontein aan – “Scent of a Woman” – wat beloof om ’n oggend van musikale verkenning, fantastiese kos en ’n viering van die vroue in ons lewens te wees.

Stigter van die “Secret Artists’ Club’, Diandra Steenekamp, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en verduidelik wat jy op Moedersdag tydens die besonderse geleentheid kan verwag.

 

’n Geheime plek met ’n geheime program. Die OFM Kunsteklop maak seker om soveel inligting oor “Scent of a Woman” te kry sonder om te veel weg te gee. Hierdie multisensoriese viering het ten doel om die diverse invloede van vroue, ma’s en mentors te vereer deur gesofistikeerde geure, heerlike kookkuns en sielroerende musiek te vervleg.

cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.