On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Die belangrikheid van perde se hoefsorg en gesondheid

───   05:00 Mon, 12 Jul 2021

Die belangrikheid van perde se hoefsorg en gesondheid | News Article
FOTO: af.maychola.com

Die vakmanskap van die hoefsmid is veral noodsaaklik vir perde en hul gesondheid gedurende hul lewensduur.

OFM-nuus het met die voorsitter van die South African Association of Professional Farriers (SAAPF), Johnny Murdoch, oor die noodsaaklikheid van perde se hoefsorg gesels.

Sien onderstaande PODCAST

"As jy kyk en daar is nie krakies en goed in die hoef nie, en hy is redelik mooi glad afgeloop, en die onderste rand wat tussen die perd en die grond is, sê maar is nie opgebreek nie, hy is mooi rond en egalig of afgeloop of afgevyl deur die farrier dan is dit n gesonde hoef," sê Murdoch. 

Hy voeg by dat vulletjies sonder skoene se hoewe teen ongeveer 1cm per maand groei en dit moet vanselfsprekend elke vier weke geknip word. 

"As daar yster op is, wat ons ook opsit om' n hoef te beskerm, en die afloop is vinniger as wat die hoef groei, dan kom hy op 'n punt waar sy voet seer raak en dan moet ons 'n skoen op sit om te verhoed dat hy seer word. Jy wil dit eintlik doen nog voordat hy seer word. Om op 'n seer voet te werk is' n nagmerrie vir ons en dit is 'n nagmerrie vir die perd. Daar waar ons nou skoene opgesit het, is die normale interval tussen beslaan en die skoen aftrek en die voet afknip om hulle weer korter te kry, en om die yster weer terug te slaan, gewoonlik so 6 weke," verduidelik Murdoch. 

Hy sê verder dat om hoewe te verwyder nie seer vir die perde is nie, behalwe as dit verkeerd gedoen word,  soos byvoorbeeld as die hoewe te kort gesny word. Dis hoekom opleiding belangrik is. 

Hoefsorg is belangrik, want as 'n perd se hoef seer is, beïnvloed dit die perd se algehele gesondheid. Perde kan sekere komplikasies kry as gevolg van hoewe wat nie versorg is nie. Die pyn in sy voete lei daartoe dat hy nie lekker eet nie en hy is aanmekaar gestres. 

"Ek en baie van ons ander lede in die vereniging voel perde se gesondheid is vir ons die optimum. Ons strewe daarna," sluit Murdoch af.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.