Agri Hour
Voerkrale ‘n ‘baie mooi uitvoermark vir vleis’─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 04 Feb 2021
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Hy deel dat Namibië en Botswana uit die mark is en dat dit blyk of speenkalwers skaars gaan word.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,21 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,02 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,23 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste | R27,50 per Kg | |||
B-klas beeste | R24,35 per kg | |||
C-klas vet koeie | R23,45 per kg | |||
Maer koeie | R18,00 per kg - R20,77 | |||
Slagbulle | R25,26 per kg | |||
Skape | ||||
Stoorlammers | R42,08 per kg | |||
Slaglammers | R37,98 per kg | |||
Stoorskape | R32,05 per kg | |||
Vetskape | R30,77 per kg | |||
Bokke | ||||
Lammers | R45,53 per kg | |||
Ooie | R35,08 per kg |
Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus