On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 05 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het ongeveer 0,75% laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope was 37% meer as die vorige week se uitvoerverkope en 10% meer as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoer.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R7/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 296/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R7/ton hoër verhandel om teen R3 454/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoer was nader aan die bokant van die weeklikse handelsverwagtinge en ongeveer 19% meer as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoer.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R60/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 240/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope was nader aan die bokant van die weeklikse handelsverwagtinge en ongeveer 4% hoër as die afgelope vier weke se gemiddeld.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R102/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 838/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.