On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Aartappelpryse relatief hoog

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 10 May 2021

Aartappelpryse relatief hoog  | News Article

Verskeie faktore dra by tot die prys van aartappels.

Willie Jacobs, hoof uitvoerende beampte van Aartappels SA, deel dat daar tans ‘n opwaartse neiging in markpryse is weens lae vooraadvlakke.

Sien onderstaande PODCAST

Jacobs sê die somerreënval, wat gedurende Desember 2020 en Januarie 2021 voorgekom het, het gelei tot lae voorrade wat bygedra het tot relatiewe hoë pryse. Hy deel dat die Oos-Vrystaat op die oomblik die grootste produseerder van aartappels gedurende hierdie tyd van die seisoen is, “en hulle is besig om deur ‘n redelike swaar tydperk te gaan.”

Hy voeg by dat die aartappelbedryf egter vir die afgelope paar jaar redelik onder druk was, soos die bedryfswins verder onderdruk gekom het weens produsente se verhoogde insetkostes.

Ander faktore wat ‘n impak op aartappelpryse het, sê Jacobs, is markvraag. Hy verduidelik dat: “Dit is net wel so dat as mens droogteskade [of enige skade] gehad het, dan is die aartappels wat waarskynlik mark toe kom die groter volume eerder aan die kleiner kant. So, jy sal sien dat die kleiner aartappels miskien laer pryse kry en die aartappels wat in groot aanvraag is, is geneig om bogemiddelde [pryse te hê],” sê Jacobs.

Hy verduidelik verder dat die volumes aartappels wat die mark bereik die pryse sal bepaal - wanneer daar ‘n oorproduksie gedurende ‘n sekere tyd voorkom, dan lei dit tot ‘n afwaartse neiging in pryse, terwyl tekorte lei tot opwaartse prysneigings.

Suid-Afrika voer aartappels na onder meer Mosambiek, Zimbabwe, en Botswana uit. Dit terwyl vars aartappels nie ingevoer word nie. Jacobs sê aartappels wat wel ingevoer word, is reeds verwerk.


Covid-19

Die aartappelbedryf het veral aan die begin van die Covid-19-pandemie verskeie uitdagings ervaar. Een van hierdie uitdagings sluit in dat produsente nie die produk by verbruikers kon kry nie.

Jacobs deel dit het daartoe gelei dat produsente en verbruikers oplossings moes kry en direk met mekaar gekommunikeer het om die produk só by die verbruiker te kry.

Maar, Jacobs sê dat produsente stelselmatig weer “op die been kom en ek dink die aktiwiteite gaan redelik stabiliseer as alles goed gaan deur die loop van die jaar”.

Besoek Aartappels SA se webtuiste vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.