Agri Hour
Veilingspryse vir vee steeds goed─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:51 Thu, 08 Oct 2020

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...
Sien PODCAST aan die einde van die bladsy
Hy sê die prys van lewende hawe wat vandeesweek op die veilings in die Noord-Vrystaat behaal is, bly goed ondanks die feit dat die prys vir diere dié tyd van die maand, tradisioneel laer is teenoor die prys aan die einde van 'n maand.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,87 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,55 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste | R26,89 per kg |
B-klas beeste | R23,09 per kg |
C-klas vet koeie | R22,15 per kg |
Maer koeie | R19,01 per kg |
Slagbulle | R23,38 per kg |
Skape | |
Stoorlammers | R49,88 per kg |
Slaglammers | R40,66 per kg |
Stoorskape | R30,33 per kg |
Vetskape | R31,13 per kg |
Bokke | |
Lammers | R55,87 per kg |
Ooie | R36,02 per kg |
OFM-nuus