On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Hersiende veiligheidsplan in landelike gebiede binnekort bekendgestel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:47 Wed, 16 Jan 2019

Hersiende veiligheidsplan in landelike gebiede binnekort bekendgestel | News Article
Foto: Hulplandbou.com

Die hersiende landelike veiligheidsplan sal na verwagting in Februarie in Noordwes bekendgestel word.


OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van  Uitnemendheid, Tommie Esterhuyse, gepraat oor dié bekendstelling en wat dit vir die landboubedryf beteken. 

Esterhuyse, wat ook die vise-president van Vrystaat Landbou (VL) en die voormalige voorsitter van dié organisasie se landelike veiligheidskomitee is, gee ook ‘n oorsig oor die misdaadsituasie in die Vrystaat die afgelope feestyd.

Die polisie en georganiseerde landbou het verlede jaar hande gevat om misdaad in landelike gebiede die stryd aan te sê. Agri SA se nasionale Landelike Veiligheidskomitee het met die nasionale polisiekommissaris, Khetlha Sithole, 'n suksesvolle vergadering gehad waarop Sithole aangedui het dat die polisie daarna streef om in 2030 'n veiliger landelike omgewing te skep.

Hy het ook gesê daar moet voortgebou word op die bestaande goeie samewerking tussen betrokkenes. Die portefeuljekomitee oor polisie het die landelike veiligheidsplan hersien en Agri SA en ander betrokkenes het insette gelewer.



Dit was Tommie Esterhuyse, die voorsitter van landelike veiligheid, by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het.

Om  na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.