National
Eskom: Fase 1-beurtkrag in werking─── 07:47 Thu, 16 Apr 2015
Johannesburg - Eskom het aangekondig dat hulle Fase 1-beurtkrag en kragvermindering van 06:00 vanoggend tot 22:00 vanaand sal toepas.
Dit volg nadat Eskom gister Fase 2-beurtkrag rondom 16:00 gistermiddag tot Fase 3-beurtkrag verhoog het. Fase 3-beurtkrag is Dinsdag omstreeks 16:00 in werking gestel.
Die energieverskaffer sê in 'n verklaring dat die inwerkingstelling van Fase 3-beurtkrag duidelik wys hoe weerbaar die stelsel op die oomblik is.
Eskom sê die stelsel is steeds onder geweldige druk en verbruikers moet asseblief elektrisiteit sover as moontlik bespaar.
Nuusverklaring