Local News
Vredefortkoepel status van grootste impakkrater kwyt─── DANE DANE 16:24 Tue, 24 Mar 2015
Vredefort - Die Vredefortkoepel is nie meer die grootste bevestigde impakkrater ter wêreld nie.
Dit volg na ’n groter krater pas in Australië ontdek is. Die Australiese krater, bekend as die Cooper Basin, is sowat 416 kilometer in deursnee. Die Vredefortkoepel is sowat 100 kilometer kleiner.
Cooper Basin, noord van Adelaide, is reeds verlede jaar ontdek, maar sy grootte is toe op sowat 200 kilometer in deursnee geraam. Verdere ondersoeke het egter aan die lig gebring dat die nuwe krater uit twee dele bestaan, elk met ’n deursnee van sowat 200 kilometer.
Wetenskaplikes vermoed die asteroïed, wat meer as 300 miljoen jaar gelede die aarde getref het, het oomblikke voor impak in twee verdeel.
Die Universiteit van die Vrystaat se Marianne Tredoux sê dit is moeilik om die grootte van sulke kraters te bepaal.
Dane Beisheim/OFM-nuus
Dane Beisheim/OFM-nuus
Marianne Tredoux :