National
Berig: 7de Laan moet minder Afrikaans wees─── 08:48 Sun, 24 Aug 2014
Johannesburg - Kykers van 7de Laan kan dalk binnekort meer Engels en inheemse Afrika-tale in hul sepie verwag.
Die Rapport-koerant berig na wat hulle verneem, verwag die SAUK dat die Afrikaanse dialoog tot 80% van die program gesny word en Engels en inheemse tale tot 20% van die totaal vermeerder word. Ongeveer 90% van die dialoog is nou in Afrikaans.
Danie Odendaal Produksies, die vervaardiger, sal glo gereeld die taal-verdeling aan die SAUK moet stuur om te monitor.
Die aanpassings by 7de Laan kom kort nadat die Afrikaanse nuus verskuif is van SABC2 na SABC3, wat ’n kleiner opvangsgebied het.
Rapport