Agriculture
'Regering moet ophou plase links en regs uitdeel'─── 17:36 Thu, 29 Aug 2013
Dirk Kok
Bloemfontein - Die regering moet ophou om plase te gee aan mense wat nie kan of wil boer nie.
Dit is volgens die Vrystaatse president van die African Farmers Association, Pitso Sekhoto.
Sekhoto het vandag op Afasa se jaarvergadering in die Rosestad gesê grond moet gegee word aan mense wat kan boer en wat goeie boerderyplanne het.
Hy sê opkomende boere moet ook uitreik na kommersiële boere en van hulle leer.
African Farmers Association, Pitso Sekhoto: