On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

National

Oud 7de Laan akteur verbreek swye oor seun se dood

───   10:32 Fri, 16 Aug 2013

Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, het vir die eerste keer sedert sy 14-jarige seun, Kieran, Saterdag by 'n uitkykpunt in Hermanus gegly en geval het, oor sy seun op Twitter geskryf.

Hy het Vrydag geskryf: “Kieran ek mis vandag jou gedoefdoef op die trap en jou deuntjielose gefluit en jou oorneem van die bed…”[sic]

Kieran is Woensdag in Somerset-Wes veras, waar Waldemar en sy vrou, Ira Blanckenberg, woon. Ira het die rol van Erika Landsberg in 7de Laan vertolk.

Waldi het ná die diens getwiet: “Kieran ons het vandag vaarwel gesê aan jou liggaam: daar was ligte, daar was liefde, 'n traan en lieflike gelag. Seun, jou ‘magic’ was sterk.”

Hy het verder gesê Kieran se storie het mense diep geraak. “Dit bly een van sy vele talente: om mense se harte oop te maak. Kieran ons is lief vir jou en omhels jou kragtige energie wat nog tussen ons beweeg… Wat ‘n seën is jy nie vir ons.”
 
Maroela Media

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.