Agri Hour
Agri Noord-Kaap: Droogtehulp deur publiek ‘n riem onder die hart─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:59 Sat, 18 Jan 2020
Agri Noord-Kaap het pas ‘n suksesvolle droogtehulpprojek, wat op plaaswerkers in dié droogtegeteisterde provinsie gemik was, afgehandel.
Dié organisasie se president, Nicol Jansen, sê die ondersteuning van die publiek en private maatskappye om hulp aan landbougemeenskappe in droogtegebiede te verleen is ‘n riem onder die hart. Altesaam 77 000 kospakkies is aan plaaswerkers en hul gesinne, as deel van dié projek, oor die provinsie heen uitgedeel.
Hier is Jansen…
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.
OFM-nuus