On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

AfriForum reg vir stryd teen #LandExpropriation

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:01 Fri, 17 Jan 2020

AfriForum reg vir stryd teen #LandExpropriation | News Article
FOTO: Verskaf

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het sy kommentaar oor die konsepwetgewing om voorsiening te maak vir onteiening van eiendom sonder vergoeding persoonlik by die Parlement ingedien.


Die 18de wysigingswetsontwerp is reeds verlede jaar vir openbare kommentaar gepubliseer. Ingevolge die voorgestelde wysiging moet Artikel 25 onder meer 'n paragraaf insluit dat 'n hof, waar grond en enige verbetering daarop onteien word vir die doelwitte van grondhervorming, mag bepaal dat die vergoedingsbedrag nul is. Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dié konsepwetgewing moet ersntig opgeneem word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Volgens hom gaan dit oor die gewig van die kwessie wat ter sprake is, en indien die konsepwetgewing aanvaar word, sal dit die mees omvattende en omvangrykende wysiging sedert die aanvaarding van die Grondwet wees. Hy sê dié boodskap moet juis oorgedra word. Die wysiging moet ernstig opgeneem word en tot AfriForum se groot kommer wil dit voorkom op die Parlement nie georganiseerd genoeg is om kommentare op die konsepwetgewing te ontvang nie.

Roets sê in dié organisasie se kommentaar word daar aangevoer dat dié wysing ongrondwetlik sal wees en dat dit geensins in Suid-Afrika kan slaag nie. AfriForum se kommentaar bevat ook ‘n afdeling oor die internasionale reg, wat onteiening sonder vergoeding as onwettig afmaak.  


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.