On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Gewildheid van turkskvy-verbouing neem toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:07 Mon, 28 Oct 2019

Gewildheid van turkskvy-verbouing neem toe | News Article
FOTO: YouTube

Die verbouing van turksvy-plante as ‘n gewas, veral as ‘n alternatiewe bron van veevoer, se gewildheid onder boere wat boorde aanplant, is aan die toeneem.


Daarmee saam vorder navorsing oor die waarde van dié vetplante vir veevoerdoeleindes ook goed. Dit is volgens 'n navorser van die Landbounavorsingsraad (LNR), Herman Fouché, wat saam met ander kundiges by die Universiteit van die Vrystaat (UV) navorsing doen oor dié genebron se bewaring en aanpasbaarheid in verskeie gebiede. Fouché meen met die verbouing van vetplante vir ander gebruike bied dit verseker beleggingsmoontlikhede, want die produksie daarvan het ‘n stabiliserende uitwerking en dit is belangrik. Hy meen boere se drakrag kan ongeveer vyf keer verhoog met die aanplant van turksvye.

Sy wenke aan boere wat dit oorweeg om in turksvy-boorde te belê is om die regte kultivars te kies. Hy sê dit neem jou sowat drie jaar om in produksie te kom en daarom moet daar goed beplan word. Turksvy-blaaie kan nie in droogtetoestande aangeplant word nie en goeie gehalte material is in Junie beskikbaar wanneer daar gesnoei word.)

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Fouché gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.