On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Turksvy-plante is voorwaar geskik vir veevoerdoeleindes in droogtegebiede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Fri, 25 Oct 2019

Turksvy-plante is voorwaar geskik vir veevoerdoeleindes in droogtegebiede | News Article
FOTO: Universiteit van die Vrystaat (UV)

Turksvy-plante kan die antwoord wees vir veeboere in veral droogtegebiede as ‘n alternatiewe bron vir veevoer.


Dr. Herman Fouché, 'n navorser by die Landbounavorsingsraad (LNR), meen as die korrekte turksvy-kultivars aangeplant word, kan dit met min water, groot hoeveelhede ruvoer produseer, omdat dié plant se waterverbruik doeltreffend is. Hy sê dié plant kan droogtetoestande weerstaan en is fisiologies aangepas om dit te doen. Turksvy-plante is goed aangepas by verskillende klimaatstoestande en grondsoorte.

Die hele plant kan benut word, insluitende die oneetbare vrugte, of ‘n boord se hele oes kan gebruik word om diere te voer. Die sap van die vrugte word ook aangewend om kuilvoer te maak. 

Hy sê dit is ‘n gesonde plant wat hoofsaaklik ‘n bron van energie is vir diere.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Fouché gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was dr. Herman Fouché, 'n navorser by die Landbounavorsingsraad (LNR) slegs op Before Dawn. Skakel Maandag in op Before Dawn saam met Gerben van Niekerk van 05:00 tot 06:00 wanneer  Fouché speaks verder praat oor bestaande turksvy-boerderypraktyke en beleggingsmoontlikhede  wat die produksie van dié vetplant inhou. 



OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.