On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agri Hour

Werk slim tydens afwaartse landbou-siklusse, sê Brahman-stoetteler

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:24 Mon, 16 Sep 2019

Werk slim tydens afwaartse landbou-siklusse, sê Brahman-stoetteler | News Article

‘n Brahman-stoetteler van die Thabazimbi-gebied in Limpopo is positief oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika.


Lourens du Plessis, wat saam met sy vrou Irma direkteure van die maatskappy, Louma-boerdery, is, het onlangs R430 000 vir ‘n wit Brahman-koei en haar bulkalf op die Brahman-telersgenootskap van Suid-Afrika se nasionale veiling opgedok. Du Plessis sê boere moet steeds moed hou ondanks verskeie uitdagings in dié bedryf. Daarmee saam moet hulle voorbereid wees op die op- en afwaartse siklusse van landbou.  ‘n Positiewe benadering moet gevolg word en in sekere gevalle is dit dalk ‘n gulde geleentheid om verder te belê in die bedryf in ‘n afwaartse siklus.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Lourens du Plessis van die Louma-boerdery, slegs op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.