On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agri Hour

Daar is ruimte vir kleinboere om die konynmark te betree

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:22 Tue, 27 Aug 2019

Daar is ruimte vir kleinboere om die konynmark te betree | News Article
FOTO: southafrica.co.za

Konynboerderye is 'n interessante konsep wat nog nie uitgebrei het in Suid-Afrika soos wat die geval in Europa en in China is nie.


China is tans die grootste produsent en verbruiker van konynvleis en maak bykans 60% van die wêreld se produksie uit. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB sê dit gaan egter nie slegs oor die konynvleis nie, maar die diere se pels voeg ook waarde toe. Hy sê daar is kommersiële boerderye in Suid-Afrika wat op die uitvoermark gemik is, maar die bedryf is in die proses om plaaslik te groei, weens verskeie redes. Daar is ook uitvoergeleenthede.

Die feit dat die produksieproses vinnig is en veral kleinskaalse boere nie baie kapitaal benodig om met produksie-eenhede te begin nie, is van die voordele van dié tipe boerdery. Maree moedig veral dié boere aan om met konyne te begin boer, omdat dit ook minder veeleisend is en maklik om te onderhou. Minder grond en hulpbronne word ook benodig. Konyne teel ook vinnig aan en veevoer is bekostigbaar. Die produksiekoste per konyn is sowat R55, sê hy.)

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Maree gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.