Agri Hour
OVK-wolmarkverslag: Klein aanbieding van goeie gehalte wol op weeklikse veiling─── 07:25 Fri, 01 Feb 2019

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.
In hierdie insetsel praat Heinrich Victor, soos oudergewoonte op 'n Vrydag, oor die wolmark, wat vandeesweek In Port Elizabeth veld verloor het. Die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,7% en 586 punte teruggesak om teen 'n skoonprys van R215.16 kg te sluit.
Die Australiese EMI het ter selfder tyd met 0,4% versterk. Die rand het hierdie week sterker vertoon en het ten tyde van die veiling op vlakke van R13.59 teen die doller verhandel, wat 2,1% sterker is, asook 1.5% sterker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Die grootste daling vandeesweek van tot 3,6%, was in die 18.5 mikron segment.
Vandeesweek was daar 'n klein aanbieding van goeie gehalte wol, te midde van 'n baie klein aanbieding in totaal. Modiano het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool, Lempriere SA en Tianyu SA. 5 482 Bale is in totaal aangebied, waarvan 96.0% verkoop is.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus