Local News
Onkunde dikwels groter oorsaak van dieremishandeling as armoede: Tobie─── 14:02 Mon, 26 Nov 2012
Mariné Jacobs
Bloemfontein - Onkunde is dikwels ‘n groter oorsaak van dieremishandeling as armoede. Só sê Ernest Tobie, DA wyksraadslid van Bloemanda informele nedersetting buite Bloemfontein.
Tobie was vanoggend deel van ‘n uitreik in Bloemanda deur die dierewelsynsorganisasie, 4Claws.
Diere-eienaars kon hul honde bring om teen vlooie gedip te word, inentings te ontvang, wonde te behandel en ook kos, leibande, hokke, waterbakke en loopdrade te kry.
Tobie sê dat die DA graag hul gewig agter ‘n goeie inisiatief soos 4Claws ingooi:
Tobie het ‘n beroep op individue en besighede gedoen om 4Claws te ondersteun deur middel van donasies en sodoende te verseker dat nog meer diere gehelp kan word.
.

Ernest Tobie: