On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Rugby

WP, Blou Bulle sukkel met beserings

───   07:01 Tue, 16 Oct 2012

Die WP en Blou Bulle moet verskeie beserings oorkom voor hul Curriebeker-halfeindstryde die naweek teen onderskeidelik die Leeus en die Sharks.

Westelike Provinsie-afrigter, Allister Coetzee, sê hy glo haker, Scarra Ntubeni, en slot, De Kock Steenkamp, sal die skoene van die beseerde Springbokke, Andries Bekker en Tiaan Liebenberg kan volstaan.  Die WP het gister aangedui dat Bekker en Liebenberg hul Curriebeker-halfeindrondtewedstryd teen die Goue Leeus in Johannesburg weens beserings gaan misloop.  Bekker en Liebenberg het hul beserings verlede naweek teen die Toyota Vrystaat Cheetahs op Nuweland opgedoen.  Terloops, skrumskakel, Bolla Conradie, het gister saam met die Streeptruie geoefen.

Intussen het ses Blou Bul-spelers weens beserings nie aan gister se spanoefening deelgeneem nie.  Maar spandokter, Org Strauss, sê Louis Fouche, Flip van der Merwe, Dewald Potgieter, Jacques Potgieter, Akona Ndungane en Francois Hougaard behoort almal weer vandag in aksie te wees.  Hy het egter gewaarsku dat dit nie noodwendig beteken dat hulle betyds gereed gaan wees vir hul semi-finaal die naweek teen die Sharks in Durban nie.

Sapa

More from Rugby

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.