Cricket
Faul bedank as waarnemende kriekethoof─── 06:39 Fri, 06 Jul 2012
Jacques Faul (fall) het as waarnemende hoofbestuurder van Krieket Suid-Afrika bedank. Hy het vier maande gelede die leisels in ‘n waarnemende hoedanigheid by Gerald Majola oorgeneem. KSA-woordvoerder, Altaaf Kazi, sê egter die liggaam het nog nie sy bedanking aanvaar nie. Hy sê KSA het Faul versoek om sy besluit te heroorweeg. Die SABC berig dat Faul na bewering glo dat sekere direksielede vertroue in sy oordeelsvermoë verloor het. Volgens die SABC meen Faul dat dit moontlik tot ‘verdere konflik’ kan lei. Faul het in Maart by Majola oorgeneem nadat Majola geskors is hangende ‘n ministeriële ondersoek na bonusse wat aan KSA-personeel uitbetaal is.