OFM is trots om wéér deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag – ’n hoogtepunt op enige boer se kalender!
Van 13 tot 16 Mei 2025 skuif ons aandag na Bothaville in die Vrystaat waar meer as 80 000 besoekers verwag word om die jongste in landboutegnologie, masjinerie, produkte en innovasie te beleef – alles op een terrein wat meer as 40 hektaar beslaan!
As amptelike mediavennoot bring OFM jou nie net die jongste nuus vanaf die ekspo nie, maar ook hope pret, onderhoude en aktiwiteite vir die hele gesin. Kyk wat ons alles beplan, Klik hier
EN, moenie OFM se spesiale landbou-uur misloop nie – daagliks van 11:00 tot 12:00 tydens die skou, geborg deur Senwes . Sluit aan vir relevante gesprekke oor kernkwessies in die landbousektor.
OFM – jou klankbaan van NAMPO!