
Van 13 tot 16 Mei 2025 verander NAMPO Park in Bothaville weer in die land se grootste landbou-ekspo, met die tema “Globale Landbou, Plaaslik!”
Hierdie jaar fokus Graan SA se NAMPO Oesdag op hoe plaaslike produsente internasionale kennis, netwerke en innovasie kan gebruik om die Suid-Afrikaanse landboubedryf te versterk. Besoekers kan uitsien na meer as 900 uitstallers, die jongste tegnologie, gevorderde landboumasjinerie, klimaatslim praktyke en digitale hulpmiddels wat plaaslike boere bemagtig.
Wat is nuut by Graan SA se NAMPO Oesdag?
- ‘n Nuwe karavaanpark met 100 kragaansluitings en ablusiegeriewe vir maklike verblyf naby die aksie. Besprekings kan aanlyn gedoen word by Louisa Esterhuizen (079 900 7266/056 515 3552/kleinbroekontvangs@gmail.com).
- Uitgebreide kosaanbiedinge insluitend die Syngenta Boerekos Plaaskombuis, met disse deur Boerekos-redakteur Arina du Plessis en The Roots Academy.
- Die Graan SA Museum, ‘n huldeblyk aan Graan SA se NAMPO Oesdag se ryk geskiedenis, geborg deur Santam.
- Die ALPHA Insure Vroueprogram met bekendes, musiek en motiveringsprekers.
- Die KamersMakers-mark, waar jy handgemaakte produkte kan koop.
Moet ook nie ou gunstelinge misloop nie, die 4x4-baan, die Nasie in Gesprek-reeks, en die vee-arena met van Suid-Afrika se beste stamboekdiere.
OFM saai regstreeks uit vanaf NAMPO Park met die jongste nuus, verkeersopdaterings en spesiale programme oor die vier dae. Die OFM CLOSET winkel sal ook daar wees! Vind OFM oorkant die NAMPO-saal.
Kaartjies is beskikbaar op opentickets.com.
Kry die volledige program hier: https://www.grainsa.co.za/pages/nampo/programme