On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams
NAMPO Oesdag 2017

NAMPO Oesdag 2017 Venue: NAMPO Park, Bothaville

Hoor wat ‘raas’ op die plaas… die ‘OFM Klankplaas’! Vanaf 16 tot 19 Mei 2017 kom OFM na jou regstreeks vanaf NAMPO Park buite Bothaville vir die 51ste aflewering van Graan SA se NAMPO Oesdag!

Skakel 13:00 - 16:00 in op ‘At Lunch’ met Cyril Viljoen vir spesiale landbou-insetsels en onderhoude met die kenners.

Staan 09:00 - 13:00 ’n kans om te wen by die OFM Klankplaas by die buite uitsendingseenheid op die terrein! Luister na die klankgrepe en wen pryse na gelang van die hoeveelheid wat jy reg kan uitken. Daar’s ook daagliks (16 - 19 Mei 2017) R1000 op die spel, so maak seker jy maak ’n draai!

En, 07:00 – 08:00 en 16:00 – 17:00 hou die ‘Eye-In-The-Sky’ hou jou op hoogte van verkeer rondom NAMPO Park.

Sedert die eerste NAMPO Oesdag in 1967 gehou is, het hierdie toonaangewende agri-ekspo van krag tot krag gegaan. Met honderde uitstallers en derduisende besoekers beloof die 51ste aflewering van Graan SA se NAMPO Oesdag om weereens die hoogtepunt op Sentraal Suid-Afrika se landbou kalender te wees.

OFM is trots om deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag met regstreekse uitsendings vanaf NAMPO Park, net buite Bothaville.

Vind meer uit oor NAMPO Oesdag hier: http://www.grainsa.co.za/pages/nampo/nampo-home


View All

News

Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


Andrew onthaal seksmisdadigers in koninklike woning

In ’n nuwe onthulling, wat groot opspraak in die Britse koningshuis veroorsaak, is bevestig dat prins Andrew in 2006 drie berugte figure – Jeffrey Epstein, Ghislaine Maxwell en Harvey Weinstein – by...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.